Woordbediening

BREEK DIE WOORD!

Deur die loop van die afgelope tien jaar het Danie se musiekbediening spontaan tot ook 'n Woordbediening gegroei. Ons is tans besig om hierdie Woordbediening van hom op cd beskikbaar te stel.
 
Mense wat bekend is met Danie se musiekstyl sal ook weet op watter unieke manier hy die "Woord" breek. Sou mens dit moes beskryf, kan dit amper vergelyk met dié van oorlede Louis Malherbe.
 
Die "Breek die Woord" katalogus sluit op die oomblik die volgende tema's in (Gaan asb na die bestellings bladsy indien u enige CD wil bestel):


   
   
  1. Die Bybel is die ware Woord van God

Hierdie CD handel oor die outentisiteit van die Bybel. Dat dit werklik die Woord van God aan ons is en dat elke skrif deur God self ingegee is. Dat die Bybel die finale en hoogste outoriteit en prioriteit in ons lewens behoort te geniet.

2. Skeiding van gees, siel en liggaam - Bekering

Dit behandel die wedergeboorte-proses. So baie Christene "voel" vandag soos 'n Christen en more weer nie. Jesus sê dat as jy die waarheid ken, dit jou sal vrymaak. Wanneer jy die werk van God met die wedergeboorte verstaan, sal die wipplank-christenlewe sin begin maak. Dan sal jy die oorwinning begin smaak en jou plek in die koninkryk begin inneem.

3. Beginsels van God

Alles wat God doen is op sy Woord gefundeer. Hy doen niks buite sy Woord nie. Ons het egter self die keuse of ons Bybelbeginsels in ons lewe wil toepas of nie. In Deut. 30:19 hou God aan die mens die keuse voor om te kies tussen die "lewe" en die "dood". En Hy vra dan ook dat ons asseblief die "lewe"sal kies! Daar is geestelike wette deur God vasgetel. Dit is die mens se eie keuse hoe hy hierdie wette toeppas.
Swaartekrag is byvoorbeeld 'n natuurwet. 'n Mens het die keuse of jy hierdie wet wil verontagsaam. Dit is jou eie besluit wat hierdie wet in werking laat tree of nie.

4. Die Tabernakel

Die kragtige pad van lof en aanbidding wat jou tot in die allerheiligste teenwoordigheid van God bring. Dit maak die verskil aan 'n "gewone" of "kragtige" getuienis-lewe op aarde.
As God se voorskrifte nagekom word, is daar altyd bo-natuurlike resultate. Hierdie CD sal jou aanspoor en uitdaag om God se weë te bewandel!

5. Eindtyd

Die raamwerk van die eindtydgebeure word bespreek. Hoe profesieë saam met Openbaring as geheelbeeld in die Bybel inpas. Waarom kan ons as christen uitsien na die "eindtyd"?

6. Alles deur gebed

"Laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God." (Fil. 4:6)
Die mandaat vir heerskappy is deur God reeds in Gen. 1:26 aan die mens gegee. Moenie toelaat dat die satan langer van jou steel nie, gebruik jou outoriteit as kind van God.

7. "Commitment"

Daar was geen beter woord in Afrikaans om hierdie onderwerp te bespreek nie. Ware toegewydheid word vanuit die perspektief van 'n "Vaderhart' bespreek.

8. Bekering

Hierdie lering verduidelik die pad van heiligmaking en die strewe om na die beeldtenis van God te lewe.

9. Die Kruis

Die Kruis maak die bitter water in jou lewe soet. Neem die kruis op en volg Hom.

10. Geen kompromie

Om God met volle toewyding te dien en die vrug daarvan.

11. Die Kruis in jou lewe

Die kruis in jou eie lewe bring jou in 'n woestyn. Die Kruis van Jesus bring verlossing en vrede.

12. Die liefde (Thaddius)

'n Pastoor van Zimbabwe wat getuig van die liefde van Jesus in sy lewe en die besonderse wyse waarin hy na die bediening geroep is.

13. Openbaring (1)

‘n In diepte bespreking rondom eindtyd-profesieë en waar die kerk van Jesus inpas.

14. Openbaring (2)

‘n In diepte bespreking rondom eindtyd-profesieë en waar die kerk van Jesus inpas.

15. Openbaring (3)

‘n In diepte bespreking rondom eindtyd-profesieë en waar die kerk van Jesus inpas.

16. Gawes van die Gees

Die verskeidenheid van Geestelike gawes wat die Here aan sy kerk gee en wat onherroeplik is.

17. Ons sien Jesus (Jul 2006)

Niemand anders nie!

18. Vrees van ongeloof  (Jul 2006)

Geloof beweeg en behaag God!

19. Toetse (Jul 2006)

Onvermydelike gebeurtenisse.

20. Die natuurlike Christelike geboorte (Jul 2006)

Jy moet weergebore wees.

21. God se droom (Des 2006)

God soek seun en dogters soos Jesus!

22. Vaderhart (Des 2006)

God se plan met die mens!

23. Wat van Israel? (Des 2006)

Wie is Israel en wie is die kerk?

24. Die Uitverkiesing (Des 2006)

Het God vooraf bepaal wie hemel toe gaan en wie nie?

25. Heilige Hoogtes (Des 2006)

Die mensgemaakte vestings wat ons self oprig deur godsdiens, hou ons uit die seën van die Here.