GEREELDE VRAE OOR DANIE BOTHA SE "LOFKAMPE"
Wat is 'n "Lofkamp"?
In wese bied die lofkampe aan elkeen die geleentheid om saam 'n troon van
lofsange te kom bou! Die afgelope ses jaar het dit vir die kampgangers amper
'n instelling geword om 'n naweek of twee per jaar af te staan om hul lofoffers voor die Vader se troon te gaan lê. Lofkamptyd is tyd vir saamwees, saamsing en saamkuier as vriende en familie in Christus!
Die naweek word opgedeel in ses sessies van samesang en Woordbediening. Tema's handel onder andere oor lof, danksegging, aanbidding, Bybelbeginsels, gebed en die daaglikse pad na heiligmaking. Die hoogtepunt van die naweek is Saterdagaand se lof-en aanbiddingsfees wanneer ons ook saam verbondsmaal hou! Die naweek word afgesluit met persoonlike getuienisse.
|