daniebotha-lofkampe

You are here: Home \ Lofkampe

Lofkampe

“Set apart”…….dit is wat die lofkamp-naweek bied!

Tyd om vol te maak.

Weg van normale verpligtinge en verantwoordelikhede, kan elkeen fokus op sy eie lewenspad en verhouding met die Here. Die lering sluit ‘n verskeidenheid tema’s in en verskil van kamp tot kamp. Baie tyd word afgestaan aan lof-en aanbidding, en dit is altyd ‘n hoogtepunt van die kamp!

Enigeen is welkom om die kamp by te woon; enkel, getroud, gesinnne, groepe, oud en jonk!

Danie bied 90% van die kamp aan. Lesings asook die sangbediening. 'n Gasspreker hanteer een van die lesings.

Daar word voorsiening gemaak vir die kindertjies. 'n Spesiale aanbieding vir almal tussen drie en tien jaar word deur Willie Pretorius gedoen. Saterdagaand hou hulle vir ons ‘n tien minute konsert!

Kampe word aangebied by die Woord-in-Aksie Kampterrein (GPS Koordinate:  L-25.67105, L-28.29682) net buite Pretoria.

Kampgelde sluit ete’s en akkommodasie in.

Sien kampvorm vir kostes, registrasie en aanwysings!

Kampdatum vir 2017:

1-3 Desember 2017 - Woord in Aksie kampterrein, Pretoria

Sien toerprogram vir kampe elders in die land. 

Kliek hieronder om die kamp registrasie vorm af te laai

Voltooi die vorm op jou rekenaar en stuur na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .

OF

Druk, voltooi en faks na:  0865 097 973

Kontakpersoon:  Kobie:  082 371 3218